Visie

Om die leier te wees in die verskaffing van gm-VRY saad en produkte aan produsente en verbruikers.


Missie

Ons sal voortdurend streef om die beste oplossings te verskaf aan ons kliente vir Maxim-wins en zero kompromie op die voedsel veiligheid van die verbruiker.


Maatskappy Reëls

Eenvoudig, Opreg, Profesioneel


In kort

By Maxim Seed glo ons dat ware volhoubare landbou, 'n aksie is, en nie net 'n klomp woorde. Ons meet ons aksies aan winsgewendheid, en die impak wat ons laat op die natuur.

Ons is 'n trots gm-VRY maatskappy. Tot tyd en wyl dit onomwonde bewys is dat GM bevattende voedsel nie nadelig is vir mens en dier, sal ons nie derglike produkte versprei nie.

Maxim Seed bied ook konsultasie dienste aan ten opsigte van grond-analise en interpretasie, nutrient aanbevelings, asook grondmikrobe verbeterings middels.




Volhoubare boerdery is die effektiewe produksie van veilige, hoë kwaliteit landbou produkte, om die natuurlike omgewing te beskerm, die maatskaplike en ekonomiese toestande van die boere, hul werknemers en plaaslike gemeenskappe te verbeter en beskerming van die gesondheid en welsyn van alle landbou gewasse.


Boerderypraktyke moet dus nie net die langtermyn-opbrengs produktiwiteit van die land beskerm nie, maar ook die winsgewende opbrengste en die welsyn van die boere en plaaswerkers verseker.