Hoë opbrengs-potensiaal geel mielie. 'n Wenner in die kort/medium groeiklas. Geen 'silkjamming' of oop punte. Hou sy bek styf toe sodat hy nie graansiektes kry nie. Ideaal geskik vir besproeiing asook die vogtiger klimaatstreke Oos van die N1. Word nie aanbeveel in die droë klimaatstreke tensy dit onder besproeiing geplant word. Uiters geskik in 'n koringverbouiings program. Plantpopulasies op droëland moet verkieslik nie 45k/ha oorskry nie. Besproeiing ≤ 55k/ha.

Die nuwe standaard vir die volgende generasie wit-mielies. Medium -seisoen groeier. Uitsonderlike hoë opbrengs potensiaal. Puik graan kwaliteit. Geen verliese agv klein pitte op die kop. Hierdie kultivar is wyd aangepas in die warm asook die koeler streke. Sterk meerkoppig met +270g/kop. Beide koppe word gelyk gevorm. Maksimum plantestand van 45k/ha op 0.76m rye.


Stabiel, sterk, hoë-opbrengs potensiaal. Ideal geskik vir die boer wat wil besproei of selfs net hoër plant-populasies verkies. Vorm groot, meestal enkel koppe. 'n Medium/laat groeiseisoen plant. Lewer puik kwaliteit graan. Plant vroeg vir Maximum opbrengs. Hoë opbrengs potensiaal onder besproeiing. Word nie aanbeveel in die droë klimaatstreke vir droëland aanplantings.